Essays24.com - Term Papers and Free Essays
Search

Sa Se Grootste Probleme

Essay by   •  March 19, 2011  •  455 Words (2 Pages)  •  1,235 Views

Essay Preview: Sa Se Grootste Probleme

Report this essay
Page 1 of 2

Dames en here, ek wil vandag met julle praat oor Suid-Afrika se grootste probleem. Dit is nie, soos baie aanvaar, misdaad nie, maar 'n samestelling van talle probleme wat almal van mekaar stam. Misdaad is net 'n gevolg van armoede, swak lewensgehalte, gebrek aan opvoeding en 'n te kort aan werksgeleenthede.

'n Groot gedeelte van Suid-Afrika, ongeveer 75%, is steeds 'n derde-wкreld land en derduisende mense is werkloos. Ondanks ons nuwe demokratriese bestel, het die ekonomie nog nie genoegsaam gegroei om voldoende werksgeleenthede te skep nie. Daarbenewens het nog werkers hul werk verloor as gevolg van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en die afwesigheid van 'n maandelikse salaris dryf mense na misdaad.

Aan die een kant veroorsaak die tekort aan skole en opgeleide onderwysers dwarsoor ons land dat talle jong leerders nie genoegsame onderrig ontvang nie en sodoende belangstelling in hul akedemiese vordering en hul toekoms verloor. Aan die ander kant veroorsaak SEB dat ongewkalifiseerde mense gekwalifiseerdes se werk oorneem. Dit het tot gevolg dat talle talentvolle jong mense in Suid-Afrika, baie van die mense wat Suid-Afrika se top dokters, ingenieurs of wetenskaplikes kуn wees, na Europese lande emigreer.

Die MIV/VIGS pandemie, waar een uit elke drie mense MIV positief is, het ook 'n groot invloed op die psige van die samelewing. Groot gedeeltes van die bevolking in ons land is onopgevoed oor VIGS en allerlei mites wat tot genesing daarvan kan aanleiding gee, word geglo, wat lei tot misdaad. Een voorbeeld is dat as jy VIGS het en jy het gemeenskap met 'n maagd, sal jou VIGS 'weggeneem' word. Dit is die motief agter baie verkragtings deesdae. 'n Ander voorbeeld is die wat Minister Tshabalala-Msimang, Minister van Gesondheid, voorhou, naamlik dat knoffel, uie, aartappels en patat jou gesond sal maak йn hou. MIV en VIGS benodig egter konstante mediese

...

...

Download as:   txt (2.8 Kb)   pdf (59.5 Kb)   docx (9.5 Kb)  
Continue for 1 more page »
Only available on Essays24.com
Citation Generator

(2011, 03). Sa Se Grootste Probleme. Essays24.com. Retrieved 03, 2011, from https://www.essays24.com/essay/Sa-Se-Grootste-Probleme/37088.html

"Sa Se Grootste Probleme" Essays24.com. 03 2011. 2011. 03 2011 <https://www.essays24.com/essay/Sa-Se-Grootste-Probleme/37088.html>.

"Sa Se Grootste Probleme." Essays24.com. Essays24.com, 03 2011. Web. 03 2011. <https://www.essays24.com/essay/Sa-Se-Grootste-Probleme/37088.html>.

"Sa Se Grootste Probleme." Essays24.com. 03, 2011. Accessed 03, 2011. https://www.essays24.com/essay/Sa-Se-Grootste-Probleme/37088.html.